16 |
Want die wyse mens en die dwaas gaan albei dood, en niemand onthou hulle nie. In die toekoms word albei vergeet! |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
16 |
want die mense sal nie 'n dwaas lank onthou nie, maar hulle sal ook nie 'n wyse mens lank onthou nie. Hulle vergeet hom gou in die tyd wat later kom. Dwase mense sterf, en wyse mense sterf ook. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
16 |
Die wyse en die dwase gaan albei die een of ander tyd sterf. En die mense gaan die wyse gou vergeet en die dwase ook nie lank onthou nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
16 |
Die wyse sal net so min as die dwaas altyd onthou word. In tye wat kom, word alles vergeet. Die wyse sterf net soos die dwaas! |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
16 |
Want daar sal op die duur net so min gedagtenis wees van die wyse as van die dwaas, omdat in die dae wat kom, alles lankal vergeet is; en hoe sterf die wyse net soos die dwaas! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|