A A A A A
Prediker 2
12
Ek het toe besluit om wysheid en dwaasheid teen mekaar op te weeg. Wat anders kan ’n koning se opvolger bereik as wat reeds bereik is?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Ek het gedink ek wil uitvind hoe dit is om wysheid te hê en hoe dit is om 'n dwaas te wees. Ek wou weet of die persoon wat ná my koning sal word, iets sal kan doen wat ek nie gedoen het nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Ter wille van my opvolger het ek toe besluit om goed na te dink oor die nut van wysheid en dwaasheid.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Ek het goed nagedink om vas te stel wat dit is om wysheid te hê of om nie wysheid en kennis te hê nie. Wat anders kan 'n koning se opvolger doen as wat reeds gedoen is?
Afrikaanse Bybel 1983

12
Daarna het ek my begewe om wysheid en onverstandigheid en dwaasheid in oënskou te neem, want wat sal die mens kan doen wat ndie koning kom? Wat lankal gedoen is!
Afrikaanse Bybel 1933/1953