A A A A A
Spreuke 9
8
Moenie hom wat spot, teregwys nie. Hy sal jou daarvoor haat. Wys iemand tereg wat wys is, en hy sal lief wees vir jou.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Daar is mense wat altyd wil spot, jy moenie probeer om vir hulle te leer wat hulle moet doen nie, hulle sal jou haat. Wanneer jy vir 'n wyse mens wil leer wat om te doen, dan sal hy lief wees vir jou.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
As jy hard met hom praat, kan hy jou seermaak. Hy kan jou begin haat, jou groot skade aandoen.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
Moenie 'n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed 'n wyse op, en hy sal lief wees vir jou.
Afrikaanse Bybel 1983

8
Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.
Afrikaanse Bybel 1933/1953