A A A A A
Spreuke 9
4
“Almal wat nog moet leer, kom eet by my!” Dié wat nog onkundig is, het sy genooi:
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
“Almal wat baie min weet, julle moet hiernatoe kom.” Sy het vir die mense wat nog baie moet leer, gesê:
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Wysheid se uitnodiging was duidelik: “Kom, almal wat nie weet hoe om reg te leef nie. Kom, almal wat geen insig in die lewe het nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
“Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!” En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê:
Afrikaanse Bybel 1983

4
Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:
Afrikaanse Bybel 1933/1953