10 |
Wysheid begin daar waar daar ontsag vir die Here is. Hy wat die heilige God ken, het werklik insig. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Wanneer jy die Here respekteer en dien, dan begin jy wysheid kry. Wanneer jy die heilige God ken, dan is jy verstandig. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
Om reg te leef moet jy eers die Here liefhê. As jy die Heilige ken, verstaan jy soveel meer van ’n gelukkige lewe. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|