A A A A A
Spreuke 4
1
Kinders, luister na my! Gee aandag aan julle pa se vermaning. Slaan ag daarop sodat julle insig kan kry.
2
Die opvoeding wat ek julle gee, is van hoë gehalte. Moenie my onderrig ignoreer nie.
3
Ek was self ook ’n kind van my pa, die enigste oogappel van my ma.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Kinders, julle moet luister wanneer julle pa vir julle leer, julle moet luister, sodat julle kan weet wat om te doen,
2
want dit is goeie dinge wat ek vir julle leer, julle moet aanhou doen wat ek vir julle sê.
3
Want ek was ook voorheen 'n kind, ek was jonk, en my ouers was lief vir my.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Jong vriend, luister na ouer gelowiges met baie kennis van die lewe. Doen jou bes om die regte dinge te leer.
2
Ek wil jou goeie raad vir die lewe gee, kennis wat jy nooit moet vergeet nie.
3
Ek was ook eenmaal jonk en sonder kennis.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte; slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is,
2
want wat ek julle leer, is goed; moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie.
3
Ek was ook eenkeer 'n kind, my moeder se oogappel, haar enigste.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;
2
want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.
3
Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder,
Afrikaanse Bybel 1933/1953