8 |
Stel wysheid voorop, dan sal dit vir jou aansien gee. Stel dit hoog op prys en dit sal aan jou eer gee. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
8 |
As jy hou van die wysheid, dan sal dit jou 'n belangrike mens maak. As jy wys dat jy lief is vir die wysheid, dan sal mense jou respekteer. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
8 |
“Leef die Spreukeboek se wysheid uit. Lees dit elke dag en dit sal met jou goed gaan. Omhels dit soos ’n vrou, en jy sal soveel vreugde ontvang. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
8 |
Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee. Dit sal jou 'n man van betekenis maak as jy dit vasgryp. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
8 |
Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|