A A A A A
Spreuke 4
20
My seun, luister baie goed na wat ek vir jou sê. Spits jou ore vir my woorde!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

20
My kind, jy moet luister wanneer ek praat, jy moet luister na wat ek sê.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

20
Jong vriend, luister baie mooi na wat ek vir jou sê. Spits jou ore vir my lewenswysheid.
Afrikaanse Bybel DB 2006

20
My seun, hoor wat ek vir jou sê, luister goed na my woorde!
Afrikaanse Bybel 1983

20
My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,
Afrikaanse Bybel 1933/1953