A A A A A
Spreuke 4
13
Hou vas aan die reëls wat ek jou leer. Moet dit nie laat los nie. Bewaar dit, want dit verryk jou lewe.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Jy moet vashou aan wat ek vir jou leer, jy moenie dit los nie, jy moet dit doen, want dan sal jy waarlik lewe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Oordink dit, want dit kan vir jou ’n goeie lewe vol vreugde verseker.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie; bly daarby, want dit is jou lewe.
Afrikaanse Bybel 1983

13
Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.
Afrikaanse Bybel 1933/1953