7 |
’n Verstandige seun gehoorsaam die eise van God. Een wat hom ophou met ligsinnige mense bring sy pa in die skande. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
7 |
'n Verstandige seun doen wat die Here wil hê, maar 'n pa voel sleg wanneer sy seun vriende is met mense wat altyd wil spot. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
7 |
’n Seun wat die woord liefhet, is slim. Hy maak sy pa baie bly. Wie met vrate en dronklappe bevriend is, is vir sy ouers ’n verleentheid. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
7 |
'n Verstandige seun hou hom aan die wet van die Here; as die seun maats maak met mense wat vir niks eerbied het nie, bring hy skande oor sy vader. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
7 |
Wie die wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|