A A A A A
Spreuke 28
5
Mense wat kwaad doen, het geen begrip van die reg nie. Wie vra na die wil van die Here verstaan dit volkome.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Slegte mense weet nie hoe om reg te doen nie, maar mense wat die Here dien, weet altyd wat om te doen.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
Slegte mense het geen begrip van wat reg of verkeerd is nie. Mense wat die Here ken, weet wat om te doen en wat om nie te doen nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie; dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles.
Afrikaanse Bybel 1983

5
Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles.
Afrikaanse Bybel 1933/1953