28 |
Wanneer goddeloses die regering oorneem, kruip die mense weg. Wanneer die goddelose omkom, floreer die regverdiges. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
28 |
Wanneer mense wat verkeerd doen, begin regeer, dan kruip die ander mense weg. Wanneer die mense wat verkeerd doen, sterf, dan word die mense wat reg lewe, baie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
28 |
Wanneer ’n diktator aan bewind kom, maak goeie burgers hulle uit die voete. Wanneer ’n bose regering van die toneel verdwyn, kan gelowiges weer die mag oorneem. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
28 |
As goddelose mense aan die bewind kom, kruip die mense weg, as die goddeloses ondergaan, kry die regverdiges die mag. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
28 |
As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|