27 |
Hy wat iets gee vir ’n arm mens sal self nooit iets kortkom nie. Iemand wat sy oë vir hulle sluit, sal vervloek wees. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
27 |
Iemand wat van sy goed vir arm mense gee, sal nooit te min hê nie, maar wanneer iemand wegkyk en nie arm mense wil help nie, dan sal baie mense hom vervloek. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
27 |
Wie vir die armes omgee, sal nooit swaarkry nie. Wie blind is vir hulle ellende, sal self baie swaarkry. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
27 |
Wie vir 'n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
27 |
Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|