A A A A A
Spreuke 28
26
Wie op sy eie insig vertrou, is ’n dwaas. Wie hom deur wysheid laat lei, word bevry.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

26
Iemand wat dink net hy is reg, is 'n dwaas, iemand wat wysheid het, sal vry wegkom.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

26
Iemand wat net op sy eie insigte vertrou, is dom. Wie die spreuke ernstig opneem, spaar homself baie ellende.
Afrikaanse Bybel DB 2006

26
Wie op homself vertrou, is 'n dwaas; wie hom deur wysheid laat lei, is veilig.
Afrikaanse Bybel 1983

26
Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.
Afrikaanse Bybel 1933/1953