A A A A A
Spreuke 28
18
Hy wat ’n eerbare lewe lei, sal veilig wees. Iemand wat ’n dubbele lewe lei, sal daardeur tot ’n val kom.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

18
Wanneer iemand eerlik lewe, dan sal hy veilig wees, maar wanneer hy oneerlik is, dan sal hy skielik val.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

18
Iemand wat reg leef, is veilig in die hand van die Here. Wie verkeerde dinge doen se lewe is ’n nagmerrie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

18
Wie 'n eerbare lewe lei, sal hulp ontvang; wie 'n oneerlike lewe lei, sal onverwags tot 'n val kom.
Afrikaanse Bybel 1983

18
Wie opreg wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val.
Afrikaanse Bybel 1933/1953