A A A A A
Spreuke 28
16
’n Heerser sonder insig neig om ander te verdruk. ’n Regeerder wat uitbuiting haat, bly lank aan bewind.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
'n Onverstandige koning verdruk sy mense, maar 'n koning wat dit haat om oneerlik te wees, sal lank regeer.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
’n Regeerder sonder insig in die regte manier van lewe, sal sy mag misbruik. Wie wanpraktyke haat, sal lank regeer.
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
As 'n heerser verstandigheid kortkom, is daar baie verdrukking; wie uitbuiting haat, lewe lank.
Afrikaanse Bybel 1983

16
'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.
Afrikaanse Bybel 1933/1953