A A A A A
Spreuke 28
15
’n Goddelose regeerder is vir sy weerlose volk soos ’n leeu wat brul en ’n beer wat wil aanval.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Wanneer iemand wat altyd verkeerd doen, regeer oor mense wat hulleself nie kan beskerm nie, dan is hy soos 'n leeu wat brul of soos 'n beer wat mense wil doodmaak.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Soos ’n brullende leeu en ’n honger beer, so is ’n slegte leier wat hulpeloses en armes se regte vertrap. Hy maak hulle lewe net nog moeiliker.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
'n Brullende leeu, 'n beer wat wil rondstorm, so is 'n goddelose regeerder oor 'n weerlose volk.
Afrikaanse Bybel 1983

15
'n Leeu wat brom, en 'n beer wat hongerig is, so is 'n goddelose wat oor 'n arm volk heers.
Afrikaanse Bybel 1933/1953