A A A A A
Spreuke 28
13
Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Wanneer iemand sy sondes wegsteek, dan sal dit nie goed gaan met hom nie, maar wanneer hy sy sondes bely en ophou om sonde te doen, dan sal die Here weer goed wees vir hom.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Wie sy oortredings toesmeer, sal nooit gelukkig wees nie. Wie sy sonde bely en nooit weer slegte dinge wil doen nie, sal die Here se liefde ervaar.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.
Afrikaanse Bybel 1983

13
Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.
Afrikaanse Bybel 1933/1953