12 |
Wanneer regverdiges vreugde beleef, is almal bly daaroor; wanneer goddeloses oorneem, kruip al die mense weg. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
12 |
Wanneer mense wat reg lewe, bly is, dan is almal trots daarop, maar wanneer mense wat verkeerd doen, begin regeer, dan kruip die ander mense weg. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
12 |
As gelowiges regeer, is daar blydskap. Almal word dan bevoordeel. As slegte mense die mag oorneem, is almal bang. Mense onttrek hulle of emigreer. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
12 |
As regverdiges rede tot blydskap het, praat almal met trots daaroor, as goddelose mense aan die bewind kom, kruip die mense weg. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
12 |
As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maar as die goddelose opkom, moet die mense gesoek word. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|