A A A A A
Spreuke 28
10
Wie eerlike mense wegrokkel na die verkeerde pad, sal in sy eie strik trap. Mense wat onberispelik lewe, sal goeie dinge erf.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Wanneer iemand eerlike mense verlei sodat hulle verkeerd lewe, dan sal dit sleg gaan met hom, maar dit sal goed gaan met mense wat heeltemal reg lewe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Wie verkeerde dinge teen gelowiges beplan, sal self in die put van ellende val. Wie die Here liefhet, sal die goeie van die lewe ervaar.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Wie eerlike mense mislei sodat hulle die verkeerde pad loop, sal self in die gat val wat hy gegrawe het; die opregte sal voorspoed geniet.
Afrikaanse Bybel 1983

10
Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe.
Afrikaanse Bybel 1933/1953