18 |
Wie sy vyeboom versorg, eet van sy vrugte. Wie omsien na die belange van sy werkgewer, sal voordeel daaruit trek. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
18 |
Wanneer iemand goed sorg vir 'n vyeboom, dan sal hy vye hê om te eet. Wanneer 'n slaaf sy eienaar goed oppas, dan sal die eienaar die slaaf respekteer. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
18 |
Wie ’n vrugteboom versorg, sal later van sy vrugte eet. Wie hard werk, sal eendag ’n goeie pensioen ontvang. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
18 |
Wie sy vyeboom versorg, sal vye hê om te eet; wie omsien na sy werkgewer se belange, sal daarvoor eer ontvang. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
18 |
Wie 'n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet; en hy wat vir sy heer sorg, sal geëer word. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|