A A A A A
Spreuke 27
13
Vat iemand se klere as hy borg staan vir ’n vreemdeling. Hou dit as pand wanneer hy borg staan vir ’n vreemde vrou.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Wanneer iemand borg gestaan het vir 'n mens wat hy nie ken nie, wanneer hy belowe het om te betaal wat iemand uit 'n ander land skuld, dan moet jy sy klere vat as jý iets van hom wil terugkry.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Pas op vir vinnige finansiële transaksies. Sorg dat jy nie aan die kortste ent trek nie. Sorg vir waarborge. Veral as die ander party diep in die skuld is.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom af; hou dit as pand, al staan hy borg vir 'n slegte vrou.
Afrikaanse Bybel 1983

13
Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan; en neem hom as pand vir 'n onbekende.
Afrikaanse Bybel 1933/1953