A A A A A
Spreuke 27
12
’n Verstandige mens sien onheil kom en kruip daarvoor weg. Onverstandige mense loop oopoë daarin en betaal die prys daarvoor.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
'n Verstandige mens sien wanneer daar probleme kom, en hy vlug, mense wat baie min weet, vlug nie, en hulle kry swaar.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
’n Slim mens sien probleme ver aankom en hy tref die nodige voorsorg. ’n Dom mens karring net aan en beland in groot ellende.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
'n Verstandige mens sien onheil kom en sorg dat dit hom nie tref nie, onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor.
Afrikaanse Bybel 1983

12
As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom; maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.
Afrikaanse Bybel 1933/1953