11 |
As jy wys is, my seun, sal dit my gelukkig maak. Dan sal ek kan terugantwoord wanneer ek bespot word. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
My seun, jy moet 'n wyse mens word. Dit sal my bly maak, en dan sal ek kan antwoord wanneer iemand wys dat hy dink ek is nie belangrik nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
As jy probleme het, soek hulp by jou buurman. ’n Buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver woon. ’n Jongmens wat weet hoe om reg te leef maak sy pa en ma gelukkig. Hy is ’n bewys dat hulle opvoeding geslaag het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
As jy wysheid leer, my seun, sal dit my gelukkig maak en sal ek kan terugantwoord as ek weer skimpe oor jou hoor. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|