20 |
Soos ’n vuur uitbrand as jy nie hout opgooi nie, so hou ’n rusie op as daar nie skinderpraatjies is nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
20 |
As daar nie hout is nie, dan kan 'n vuur nie brand nie, as niemand skinder nie, dan sal mense nie twis nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
20 |
As daar nie hout is nie, gaan die vuur dood. En as daar nie ’n kwaadstoker is nie, is daar ook nie rusie nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
20 |
Sonder hout bly 'n vuur nie brand nie; sonder 'n kwaadstoker hou 'n rusie nie aan nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
20 |
Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|