2 |
Ongeregverdigde vervloeking is soos dartelende voëltjies en ’n swaeltjie wat wegvlieg. Daar sal niks van kom nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
2 |
As iemand jou vervloek wanneer jy niks verkeerd gedoen het nie, dan is dit soos voëltjies wat vlieg en nie gaan sit nie, dit gaan by jou verby. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
2 |
Al wens iemand jou slegte dinge toe, niks daarvan sal waar word nie. Soos verskrikte voëltjies wat wegvlieg, sal dit in die niet verdwyn. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
2 |
Soos voëltjies wat verbyvlieg en nie gaan sit nie, so gaan 'n vervloeking by jou verby as jy dit nie verdien nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
2 |
Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|