A A A A A
Spreuke 25
28
Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ’n stad sonder ’n muur wat beskerming bied.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

28
Iemand wat homself nie kan regeer nie, is soos 'n stad wat nie meer 'n muur rondom hom het nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

28
Iemand sonder enige selfbeheersing is net so weerloos soos ’n groot stad sonder polisie of veiligheidswagte. Totale wanorde kan uitbreek.
Afrikaanse Bybel DB 2006

28
'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm, so weerloos is 'n mens as hy nie selfbeheersing het nie.
Afrikaanse Bybel 1983

28
'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953