2 |
Dit is God se reg om iets geheim te hou. Dit is konings se voorreg om uit te vind wat iets beteken. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
2 |
Mense respekteer en dien vir God, maar hulle weet nie alles van Hom nie. Mense respekteer 'n koning wanneer die koning probeer om alles te weet. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
2 |
Die Here is baie groot. ’n Mens verstaan nie alles wat Hy doen nie. ’n Mens kan alles ondersoek en bestudeer. Baie dinge bly vir hom ’n geslote boek. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
2 |
Die eer van God lê in wat Hy verborge hou; konings se eer lê in wat hulle aan die lig bring. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
2 |
Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|