19 |
’n Gebreekte tand, ’n voet wat swik, so is dit om in gevaar staat te maak op ’n onbetroubare mens. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
19 |
Jy moenie dink dat 'n ontrou mens jou sal help wanneer dit sleg gaan met jou nie. 'n Ontrou mens is soos 'n stukkende tand of 'n lam voet. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
19 |
Iemand wat onbetroubaar is, is soos ’n vrot tand en ’n seer voet. Wanneer jy hom die nodigste het, laat hy jou in die steek. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
19 |
'n Seer tand, 'n voet wat meegee, so is dit om in gevaar staat te maak op 'n onbetroubare mens. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
19 |
'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|