1 |
Moenie slegte mense beny en hulle geselskap begeer nie. |
2 |
Hulle dink net aan geweld. Hulle praat net daaroor om moeilikheid te maak. |
3 |
Met wysheid word ’n huis gebou. Insig is nodig om dit te onderhou. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Jy moenie soos slegte mense wil wees nie, jy moenie verlang om saam met hulle te wees nie. |
2 |
Hulle dink altyd oor hoe hulle mense kan seermaak en doodmaak, hulle praat altyd oor hoe hulle ander mense kan laat swaarkry. |
3 |
Iemand wat wysheid het, kan 'n huis bou. As hy verstandig is, dan kan hy die huis sterk bou sodat dit vas staan. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Moet niks van slegte mense wil hê nie. Moet onder geen omstandighede met hulle bevriend raak nie. |
2 |
Hulle dink net aan verkeerde dinge. Hulle maak net moeilikheid. |
3 |
’n Gelukkige gesinslewe kom nie vanself nie. ’n Mens moet hard daarvoor werk. Dit is soos ’n huis wat jy bou. Alles moet netjies beplan word. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
Moenie slegte mense beny nie, moenie by hulle wil wees nie; |
2 |
al waaroor hulle dink, is geweld, en al waaroor hulle praat, is moeilikheid maak. |
3 |
Daar is verstand nodig om 'n huis te bou, insig om sy fondamente te lê, |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie. |
2 |
Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite. |
3 |
Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig; |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|