A A A A A
Spreuke 24
7
Wysheid is buite die begrip van ’n dwaas. Wanneer hulle in die stadspoort beraadslaag, is hy nie in staat om sy mond oop te maak nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
'n Dwaas verstaan niks van wysheid nie, wanneer leiers praat, dan kan hy nie saam met hulle praat nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Wysheid is bo ’n dom mens se vuurmaakplek. Jy tref ’n domme ook nie aan tussen mense wat die lewe ken nie. Natuurlik omdat hy bang is hulle hoor sy domheid.
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Wysheid is bo 'n dwaas se begrip; hy kan dit nie waag om sy mond oop te maak waar leiers beraadslaag nie.
Afrikaanse Bybel 1983

7
Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953