27 |
Maak eers buite reg en bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
27 |
Jy moet eers jou werk buite klaarmaak en jou koringland ploeg en saai, daarna kan jy jou huis begin bou. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
27 |
Kry eers ’n goeie werk voordat jy ’n huis bou. Verdien eers genoeg voordat jy met ’n gesin begin. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
27 |
Sit eers jou werk buite aan die gang en bewerk jou lande; daarna kan jy huis bou. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
27 |
Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|