A A A A A
Spreuke 24
23
Die woorde hieronder kom ook van wyse mense. Moenie bevooroordeeld wees wanneer jy moet regspreek nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

23
Die volgende spreuke is ook spreuke van mense wat wysheid het. Wanneer jy moet oordeel, dan is dit verkeerd om téén een persoon te wees en vír 'n ander persoon te wees.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

23
Selfs ’n wyse regter moet hoor: “’n Partydige uitspraak is verkeerd.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

23
Wat nou volg, is ook afkomstig van wyse mense. Dit is nie reg om partydig te wees in die regspraak nie.
Afrikaanse Bybel 1983

23
Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.
Afrikaanse Bybel 1933/1953