11 |
Red die mense wat onskuldig na die galg toe gesleep word. Hulle sal doodgemaak word as jy nie keer nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Wanneer jy sien dat mense gevangenes wegsleep om hulle dood te maak, wanneer jy weet dat hulle sal sterf as jy nie help nie, dan móét jy hulle red. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
Moenie net toekyk hoe mense onregverdig behandel word nie. Doen iets! Moenie toelaat dat hulle lewens verwoes word nie. Stop dit! |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
Red dié wat na hulle dood toe gesleep word, dié wat val-val op pad is om doodgemaak te word as jy nie keer nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|