A A A A A
Spreuke 24
10
As jou knieë knak wanneer die krisis opduik, is jou krag maar baie min.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
As jy nie weet wat om te doen wanneer dit gevaarlik is nie, dan is jy nie sterk genoeg nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
’n Krisis leer jou hoe sterk jy werklik is. As jy ondergaan, was jou kragte maar min.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
As jy weifel op die dag van nood, is jy nie opgewasse daarvoor nie.
Afrikaanse Bybel 1983

10
Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.
Afrikaanse Bybel 1933/1953