A A A A A
Spreuke 22
5
Op ’n oneerlike mens se pad is daar dorings en lokvalle. Iemand wat omgee vir homself, bly ver daarvan weg.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Daar is dorings en vangstrikke op die pad van skelm mense, maar iemand wat wil aanhou lewe, loop nie op daardie verkeerde pad nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
Verkeerde dinge lyk mooi, maar die uiteinde is bitter. ’n Wyse bly ver weg van sulke dinge af.
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Daar is dorings en strikke op die pad van oneerlikheid; wie sy lewe wil behou, bly daar weg.
Afrikaanse Bybel 1983

5
Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.
Afrikaanse Bybel 1933/1953