A A A A A
Spreuke 22
3
Iemand wat verstandig is, sien wanneer die onheil kom en kruip weg. Die onervare mens loop oopoë daarin vas en boet daarvoor.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
'n Verstandige mens sien wanneer daar probleme kom, en hy vlug. Mense wat baie min weet, vlug nie, en hulle kry swaar.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
’n Slim mens weet wanneer gevaar dreig. Hy weet hoe om dit te vermy. ’n Dom mens ken nie die lewe nie. Hy sukkel maar net aan.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
'n Verstandige mens sien onheil kom en vermy dit; onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor.
Afrikaanse Bybel 1983

3
'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.
Afrikaanse Bybel 1933/1953