A A A A A
Spreuke 22
21
Deur hulle sal jy in staat wees om die waarheid te herken en betroubaar verslag te doen aan die mense wat jou stuur.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Jy moet weet wat die waarheid is en wat jy kan glo, sodat jy vir die persoon wat jou stuur, kan sê wat regtig gebeur het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
’n Groot hulp om tussen waarheid en leuens te onderskei. ’n Wonderlike hulpmiddel om ’n mens met integriteit te wees.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
sodat jy die waarheid sal herken, die woorde waarop jy kan vertrou, en 'n betroubare verslag kan gee as iemand jou stuur.
Afrikaanse Bybel 1983

21
om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?
Afrikaanse Bybel 1933/1953