14 |
’n Vreemde vrou se woorde is ’n bodemlose put; as die Here vir jou kwaad is, sal jy daarin val. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
14 |
Wanneer 'n slegte vrou jou uitnooi, dan is dit soos wanneer jy by 'n diep gat staan. As die Here jou vervloek, dan sal jy in die gat val. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
14 |
Pas op vir die praatjies van ’n los vrou. Dit is soos ’n put. Voordat jy jou kom kry, het jy daarin geval. So straf die Here ’n mens wat aan haar verleidings toegee. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
14 |
Die uitnodiging uit die mond van 'n slegte vrou is 'n diep afgrond; jy val daarin as die Here jou vervloek het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
14 |
Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|