A A A A A
Spreuke 22
13
“Daar is ’n leeu daarbuite!” sê die luiaard. “Ek sal gevang word as ek dit buite waag!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
'n Lui mens sê: “Daar is 'n leeu daar buite. Hy sal my vang as ek uitgaan.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
’n Luiaard oordryf altyd alles. As hy nie lus is vir werk nie, sê hy sommer ’n kwaai leeu wag daar buite. As hy sou uitgaan, sal die leeu hom opvreet.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Die lui mens sê: “Daar is 'n leeu daarbuite! Ek kan doodgemaak word as ek dit buite waag!”
Afrikaanse Bybel 1983

13
Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!
Afrikaanse Bybel 1933/1953