10 |
Jaag die spotter weg en saam met hom sal rusies padgee; die gestry en beledigings sal tot ’n einde kom. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Wanneer jy iemand wegjaag wat altyd wil spot, dan sal die mense ophou twis, en dan kan hy nie meer mense beskuldig en beledig nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
As ’n rusiemaker weggaan, is alles sommer rustiger en kalmer. Onderlinge rusie en spanning sal dadelik ophou. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
As jy 'n ligsinnige mens wegjaag, hou die rusies op en kom die getwis en beledigings tot 'n end. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|