A A A A A
Spreuke 20
16
Vat klere as ’n pand van iemand wat borg staan vir ’n buitelander, kry by hom ’n waarborg wanneer hy instaan vir ’n vreemde se skuld.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
Wanneer iemand borg gestaan het vir 'n mens wat hy nie ken nie, wanneer hy belowe het om te betaal wat iemand uit 'n ander land skuld, dan moet jy sy klere vat as jý iets van hom wil terugkry.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
Pas op vir vinnige finansiële transaksies. Sorg dat jy nie aan die kortste ent trek nie. Sorg vir waarborge, veral as die ander party vrot van die skuld is.
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom af en hou dit as pand, want hy is 'n uitlander.
Afrikaanse Bybel 1983

16
Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes.
Afrikaanse Bybel 1933/1953