13 |
Moenie lief wees vir slaap nie; jy kan in armoede verval. Wees wakker, en jy sal genoeg hê om te eet. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
As jy nie arm wil word nie, dan moet jy nie lief wees vir slaap nie, as jy vroeg opstaan, dan sal jy genoeg kos hê om te eet. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Moenie lui wees nie. Moenie jou tyd met niksdoen verspil nie. Werk hard! Dan sal jy genoeg hê om van te leef. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie; staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hê om te eet. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|