1 |
My seun, luister mooi na wat ek vir jou sê. Bewaar wat ek vir jou leer. |
2 |
Spits jou ore vir die wysheid. Span jou in om dit te verstaan. |
3 |
Roep na insig. Roep hardop vir begrip. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
My seun, hoe sal jy vir God leer ken? As jy luister na my en onthou wat ek vir jou sê, |
2 |
as jy goed luister na wysheid en regtig probeer verstaan, |
3 |
ja, as jy sê jy wil verstaan, as jy vra hoe jy verstandig kan word, |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Jong vriend, indien jy na my wyse woorde oor die alledaagse lewe luister en my voorskrifte soos ’n kosbare skat binne-in jou bewaar, |
2 |
indien jy jou ore vir hierdie lewenswaarhede spits en goed oor alles nadink, |
3 |
indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, |
2 |
hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. |
3 |
Roep insig by, vra na gesonde begrip. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar, |
2 |
sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand; |
3 |
ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef, |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|