A A A A A
Spreuke 19
13
’n Dwase seun is ’n ramp vir sy pa. ’n Vrou wat bly neul, is soos water wat van die dak af drup.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
'n Kind wat dwaas is, laat dit sleg gaan met sy pa. Wanneer 'n vrou aanhou kla, dan is dit soos wanneer water aanhou drup deur die dak van 'n huis.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
’n Ongelowige seun wat nie weet hoe om reg te leef nie, kan sy ouers in ellende dompel. Iemand wat voortdurend karring, is so irriterend soos ’n dak wat op ’n reëndag drup.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
'n Dwase seun is sy vader se ondergang; die gekyf van 'n vrou is soos die gedrup uit 'n dak wat lek.
Afrikaanse Bybel 1983

13
'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup.
Afrikaanse Bybel 1933/1953