A A A A A
Spreuke 18
1
’n Mens wat hom eenkant hou, lewe net vir homself. Hy het ’n afkeer aan gesonde oordeel.
2
’n Dwaas het geen erg aan insig nie. Hy stel net daarin belang om sy eie opinie bekend te maak.
3
Waar goddeloosheid sy voet by die deur inkry, kom minagting daarmee saam. Saam met die belediging kom ook die skande.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
'n Selfsugtige mens lewe net vir homself, hy hou nie van ware wysheid nie.
2
'n Dwaas wil nie verstandig word nie, hy wil net sê wat hy self dink.
3
Iemand wat verkeerd doen, beledig mense oral waar hy kom, hy verneder hulle en hy laat hulle sleg voel.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
’n Selfsugtige mens wat net vir homself leef, soek altyd na ’n rede om die rug vir sy mense te draai.
2
’n Dwaas gee absoluut niks om vir die regte manier van leef nie. Sy mond is altyd vol oor ander mense.
3
Pas op vir slegte mense. Almal verag en verstoot hulle. Vriendskap met hulle bring skuldgevoelens.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die selfsugtige mens lewe net vir homself, hy verwerp alle oorlegpleging.
2
Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak.
3
Waar daar goddeloosheid kom, kom daar krenkende optrede, en saam met die belediging kom die skande.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.
2
Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word.
3
As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading.
Afrikaanse Bybel 1933/1953