A A A A A
Spreuke 18
13
Iemand wat ’n antwoord gee voor hy die vraag gehoor het, is dwaas. Skande wag vir hom.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Iemand wat nie goed luister voordat hy antwoord nie, doen 'n dom ding, en almal sal dink hy is dom.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Iemand wat antwoord voordat hy luister, praat die grootste onsin. Niemand wil hom meer enige raad vra nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande.
Afrikaanse Bybel 1983

13
Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees.
Afrikaanse Bybel 1933/1953