A A A A A
Spreuke 18
11
Die ryk man beskou sy rykdom as ’n ondeurdringbare vesting. In sy verbeelding is dit ’n hoë muur waaragter hy beskerm word.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
'n Ryk mens dink sy goed is soos 'n stad wat sterk mure het, hy dink sy goed sal hom beskerm soos 'n hoë muur.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Ryk mense dink dat geld alles is, dat dit hulle teen gevare sal beskerm. Wie so dink, leef in ’n gekkeparadys.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Die ryk man sien sy besittings as sy vestingstad, as 'n hoë muur wat hom beskerm.
Afrikaanse Bybel 1983

11
Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos 'n steil muur in sy verbeelding.
Afrikaanse Bybel 1933/1953