A A A A A
Spreuke 18
1
’n Mens wat hom eenkant hou, lewe net vir homself. Hy het ’n afkeer aan gesonde oordeel.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
'n Selfsugtige mens lewe net vir homself, hy hou nie van ware wysheid nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
’n Selfsugtige mens wat net vir homself leef, soek altyd na ’n rede om die rug vir sy mense te draai.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die selfsugtige mens lewe net vir homself, hy verwerp alle oorlegpleging.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.
Afrikaanse Bybel 1933/1953