8 |
Die ryk man het geld om homself mee los te koop. Die arm man kan nooit afgedreig word nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
8 |
Wanneer iemand ryk is, dan moet hy homself miskien loskoop, maar niemand sê dat 'n arm mens iets moet betaal nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
8 |
Rykdom help baie. As jy geld dringend nodig het, is dit beskikbaar. Armoede is sleg, want dit maak die arme weerloos. Hy is altyd aan ander se genade uitgelewer. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
8 |
Met sy rykdom moet 'n ryk man hom soms loskoop; 'n arm man kom nie in so 'n gevaar nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
8 |
Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|